Welkom by ons webblad...
Baie dankie dat jy ons webblad besoek.  Kyk gerus na die albums op ons webblad om 'n voorsmakie te kry van ons werk.

Die huweliksdag is ‘n groot hoogtepunt in ‘n paartjie se lewe.  Almal droom van ‘n sprokiestroue… Ons is mal daaroor om daardie goue oomblik vir julle vir ewig vas te vang.

Met jare se ondervinding in die foto en video bedryf, streef ons daarna om altyd net die beste vir ons kliënte te bied. Ons dienste sluit ondermeer die volgende in:
  • Digitale en film fotografie
  • Digitaal gemanipuleerde foto’s
  • Foto’s op CD
  • Trou-albums
  • Trou uitnodigings
  • Dankie-kaartjies
  • Foto’s op DVD
  • Ten volle geredigeerde dvd’s
  • Klank opnames
  • Musiek & klank

Toerusting van hoogstaande gehalte word gebruik om die beste kwaliteit te verseker.

Dus kan ons jou ‘n wye verskeidenheid van dienste bied wat jou sak sal pas.
Kontak ons gerus vir ‘n kwotasie en om na ons portefeulje te kom kyk.
Die gehalte van ons werk spreek vanself.  Sien is glo…